SA GOLFERS IN EUROPA – KOM SLAAN SAAM MET JOU MENSGE!
Die SA Golfer vriendegroep is die grootste gemeenskap van Suid-Afrikaanse golfspelers in Europa , met sy basis in Nederland.
Die groep is op 29 Augustus 2020 gestig met ’n eerste kompetisie wat 16 spelers ingesluit het. Teen 2025 het die gemeenskap tot meer as 500 vriende gegroei.
Dis meer as net golf – dit dien as ’n sosiale netwerk , met lekker kuier en geselskap met mede-Suid-Afrikaners in die buiteland.
Die doel van die SA Golfdae is om Suid-Afrikaners wat toevallig ook van golf hou, bymekaar te bring vir lekker geselskap, vriendskap en, natuurlik, om sommer die volgende braai ook te bespreek! Kom speel saam, geniet die dag, leer die ander spelers in jou en ander “flights” ken, en kuier lekker saam. Hier word vriendskappe gesmee en herinneringe gemaak.
Aktiwiteite en Gebeure
Van April tot November word daar elke maand ’n golfkompetisie gereël. Hierdie dae trek gewoonlik 80 of meer deelnemers. Die kompetisies is oop vir mans en vroue met ’n voorgee van +5 tot 54, en spelers van alle vaardigheidsvlakke word aangemoedig om deel te neem.
Alhoewel die geleenthede oorwegend sosiaal is, lok dit ook mededingende golfspelers. Elke golfdag sluit af met ’n prysuitdeling en ’n opsionele aandete, waartoe gaste hartlik welkom is.
Taal en Kultuur
Die voertaal is meestal Afrikaans, aangesien die stigter van die groep oorspronklik van die Vrystaat afkomstig is.
Die gemeenskap kweek ’n duidelik Suid-Afrikaanse atmosfeer, met tradisies soos geselligheid, vriendelike kompetisie en natuurlik die beplanning van die volgende braai.
Vir Suid-Afrikaners is golf deel van hul sosiale kultuur – en dit is by ons SA Golfdae nie anders nie.
Organisasie
Die organisasie is nie-winsgewend en word ondersteun deur borge wat pryse vir die kompetisies beskikbaar stel. Ons sluit elke SA Golfdag af met ’n prysuitdeling en opsionele ete waar gaste van spelers ook welkom is om saam te eet en te kuier.
Deelname is oop vir almal wat tans of in die verlede Suid-Afrikaanse golfspelers was.
Kom vir die golf. Bly vir die kuier.
Indien jy belangstel om saam te speel, stuur asseblief ’n e-pos aan: info@sagolfer.com met die volgende inligting:
-
Volle naam
-
Telefoonnommer
-
Handicap
-
Dorp/Stad waar jy woon
Besoek ook ons Facebook-bladsy vir meer inligting en foto’s!